20km/ph op Zambezie!!!!!

red car

20km/ph op Zambezie…..

As jy gewonder het watter imbesiel ry 20km/ph op Zambezie in `n rooi tjor op `n Saterdag middag? Ek moet bieg dit was ek………

Voordat jy nou `n aorta in jou kop bars, luister nou eers hoekom. Wel, die saak staan so – soos julle almal seker weet 4x kinders is nie altyd grappies nie. Veral as jou jongste 2x jaar oud is en jou oudste 13x jaar oud is – en dan is sy nog in die Hoerskool ook.

Aag, vrek en dan moet ek bysê ek mos nou weer `n Graad 1 juffrou so die dag gaan so. Jy wys vir elke liewe Graad 1 waar om die datum te skryf, deur elkeen se vinger te sit waar hy/sy moet begin en dan 2x sekondes later:”Mam, where must I write the date….. Did I not just showed you? Remember to use your black twistie….. Yes Mam, Mam with what colour Twistie must I write?….. Your black twistie sweetheart….. Mam I do not have a black twistie….. Use any colour…. Mam Tshepo is looking at me…. Mam… mam….mam” Ha-ha so dit is wat die hele dag in die klas gebeur. Dan kom jy by die huis aan en jaag van Noord na Wes.

Dan het ons mos nog ook ons koekiebesigheid wat naweke bestuur word – so van jou naweek het jy nie veel oor nie. (En, ja as jy so baie kinders soos ons het moet jy maar orals gaatjies probeer toestop 😉 ) Nou, ja ons het hierdie naweek ons besigheid so bietjie uitgebrei en ons eerste tak oopgemaak. Soveel dinge at gereel moet word. Hoe die winkel gaan lyk, tafeldoeke, voorraad en blah-blah-blah. So is Eugene Saterdag middag by  DIE ARK se mark en ek moet gou die laaste paar goedjies gaan kry. Spring in die kar… FOKUS – 4x tafeldoeke en `n slot…… Amper daar!!

Toet-toet vir wat stop hierdie ou tannie in die middel van `n sirkel. Shame – sy lyk regtig baie verskrik. Iemand spring uit om haar te help en ek ry nader en vra of ek kan help. Die tannie lyk regtig bleek om die kiewe en sê sy moet haar medisyne gaan haal. Iemand probeer vir haar verduidelik hoe om by Clicks uit te kom. Ek sê:”Tannie, ry agter my aan – ek sal tannie vat.”

Sjoe, sy is senuweeagtig dink ons haal net-net 40km/ph. In elk geval, ons stop daar. Ek klim uit en vra of ek haar loop karretjie kan uithaal. Die tannie begin amper te huil. Sy weet nie hoe sy by die huis gaan uitkom nie. Aag, nou ja – ek sal maar later tafeldoeke kry. Ek vra eers waar bly sy. (Dankie tog sy het geweet – Twee Riviere Aftree Oord.) Ek stel haar gerus en sê sy kan agter my aan terug ry. Sy is so verlig, nou haal ek die karretjie uit en ons loop en loop en loop en loop en loop nog so bietjie die 30meter na Clicks toe. Gelukkig ken die Apteker haar en sy hoef nie in `n ry te staan nie. Toe ons klaar is hoor ek of sy nie dalk ietsie by Pick`nPay langsaan soek nie toe loop en loop en loop en loop en loop en loop ons die 20meter. (Shame die tannie het regitig baie gesukkel en is sy het net gepraat en praat.) Ek is mos half doof, partykeer dink ek stokdoof so ek hoor nie so lekker nie – maar wat ek gehoor het is dat die Here haar genees het en sy kan nou weer loop en het `n nuwe hart. Hoe cool is dit nie?

So, ja ek is nou amper in Zambezi. Almal in die kar – en ons durf die pad aan na Twee Rivier toe. Die arme tannie is regrig baie verskrik en hinke pinke 20km/ph agter my aan. So ja ek was die imbesiel – wat ook nie tyd gehad het nie – maar toe net van êrens af tyd gekry het en die tannie by die huis gekry het. So jy in die wit kar wat regtig amper `n aorta in jou kop gebars het en histeries vir my getoet het en tekens gegooi het. Daai kan eendag jou ma wees wat uit `n penarie gered word……

4 Comments

Add yours →

  1. Dit was nou ‘n uiters goeie daad en die ongeduldige vark wat vir jou toeter geblaas het, se kierangs gaan eendag braai!

    Like

  2. Ai my Liefde. Jy is regtig die beste

    Like

Leave a comment