Ek en my sonbril

sunglassesNee, wat vandag tjank ek net. Ek sit op my eie ashoop en eet vrot wurms. Ek kry myself jammer en dink dat daar niemand in die wereld is wat weet waardeer (en nou moet ek nog wonder is hierdie nou waardeer of waardeur? My kop werk net nie meer nie) ek gaan nie. Vandag is ek `n 15 jarige tiener wat se brein nog nie ontwikkel is nie en my emosies is so groot soos die Mount Everest. Vandag dink ek ek sal nooit weer die silwer randjie op die wolk sien nie en die gat waarin ek is, is so diep dat ek net val en val. Ja, baie traumaties ne? Dit is net presies hoe ek voel.

Ek word in die aande wakker en dan tjank ek….. Ek ry in die kar en dan tjank ek….. Ek sit in die bad en dan tjank ek….. Dit is nou waar die donker bril inkom. `n Mens kan nogal lekker tjank agter ‘n donker bril en niemand kan sien as jy tjank nie. En die beste van alles is dit is winter so as jy so bietjie jou neus blaas dink die mense jy is maar net verkouerig. Nou vra ek terwyl ek besig is om te tjank met trane in my oe – wanneer gaan ek myself reg ruk en ophou tjank? Ek dink nie eers ek het so baie getjank toe Riaan dood is nie. Ek mis my ma soooooo verskriklik baie. Daar is nie regtig iemand waarmee `n mens kan praat nie, want kom ons wees nou maar eerlik niemand wil die hele tyd na `n tjank-balie luister nie. Mense vrek, die lewe gaan aan!!! Get over yourself!!! Die lewe draai nie om jou, en jou hartseer nie.  Yip, hoe meer ek dit vir myself se hoe minder luister ek. Hoe meer mis ek my ma.

Ek mis my ma verskriklik. En laat iemand nou net durf vir my se sy is op `n beter plek dan pot ek jou sommer op jou neus. Dink jy ek weet dit nie? Dink jy ek se dit nie vir myself nie. Die problem is net dat hierdie lyf van my net aanhou om sout water en slym te produseer wat `n mens trane en snot noem. Aag, dink ook nie jy moet vir my probeer se dat jy verstaan want jou ma is ook dood nie. I see your mouth moving blah-blah-blah. Jou ma was nie my ma nie. Ek het die heel beste ma in die hele wye wereld gehad. Niemand kan my ma vervang nie en ek is net baie, baie hartseer.

Op hierdie stadium is my donker bril, my beste wegkruip plek. Hier kan ek lekker huil, nee ek lieg! Ek huil nie meer lekker nie. Ek is moeg gehuil. Ai, my kop is net nie meer waar dit moet wees nie. Ek dink nie meer nie.  Ek mis my ma!

2 Comments

Add yours →

  1. Sankie Mostert June 2, 2019 — 12:33 pm

    Ek mis haar ook. Ek het gisteraand gedroom ons praat oor haar halwe projekte en toe sê ek vir jou: Sien jy, dit was nog nie haar tyd nie. Almal om jou gaan aan met hulle lewens maar ek kan niks doen sonder om aan haar te dink nie. Ek kan jou nie troos nie en die beter plek is ook nie n troos nie. Ek soek haar hier, nie op n beter plek nie. Wens sy was nog hier ……..

    Like

  2. Mary Brümmer June 2, 2019 — 3:08 pm

    Huil maar vriendin want jy mag. Ek dink die dag wat my Ma doodgaan, en dit kom, gaan ek jou sonbril leen! Ek glo ‘n mens hou ooit op verlang nie, die huil raak dalk later op maar die verlange sal nooit ophou nie! Sterkte en onthou Gin en Tonic sal altyd daar wees vir jou!!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: