`n Dag in die lewe van `n Kroukamp

So staan ek vanoggend op met 3x goed wat gedoen moet word. 1.) Help Ruben met sy taak, en nee nie doen sy taak nie maar help hom net so bietjie. En ja, as dit Mienke en Lente se

taak was sou ek nie moeite gedoen het nie. Hulle moet maar self sien kom klaar – maar nou ja. Kinders verskil en Ruben is ennetjie wat maar nog so bietjie hulp nodig het. 2.) Boeke merk, defintief `n hele paar boeke merk. 3.) by my Pappa gaan kuier. Wel, ek het al 06h00 opgestaan en dit is al 09h11 en nog nie een van daai takies is gedoen nie.
Wat ek nou al gedoen het is 2x bondels wasgoed gewas, kos gemaak, kombuis skoon gemaak en dan iets wat nou wragtig nie op my lysie was nie; `n boekrak regepak. Die ding staan so….. Ek het wakker geword en die heel eerste ding wat ek doen, voordat ek nog my oe oopmaak, is om koffie op te sit. So dink ek, ek moet wikkel want ek moet nog deur die stort spring, en moet dan gou vir Eugene help om Koekiemonster se bestellings uit te sorteer. Wel, die wasgoedmandjie is in die badkamer. Ooooo, vrek ek die kinders se skoolklere moet gewas word. So handdoek om die lyf word die klere gou in die wasmasjien gegooi. Ek moet deur die kombuis loop om die wasmasjien aan te sit. Vrek, pappie gaan nie baie van hierdie kombuis hou nie moet gou die skottelgoedwasser inpak. Wel, wasgoed in wasmasjien, het nie nou tyd vir kombuis nie. Fokus Melanie…. Ruben se taak, oppad om die taak te doen. Moenie links of regs kyk nie. Maak of jy nie die kinders sien nie. Beweeg boekrak toe om die inligting te kry.
Aag, nee wragtig:”Ruuuuuben, Leeeeeente, Mieeeeeeenke kom hier nou dadelik!!!” Ek werk gou vining `n ou sielkundige toesprakie uit oor hoe teleurgesteld ek in hulle drie is. Het hulle geen respek vir mekaar en mens se goed nie. Jip – DIE BOEKRAK!!! Lyk of `n orkaan die ding getref het. Mamma pak mos net die ou rakkie reg want sy het nie iets om te doen nie. In die boekrak is al ons taakgoed. So in teorie moet ek Ruben se taak goedjies in `n japtrap afhandel….. Wel, so word die boeke op die grond gegooi en ons sorteer gou die orkaan uit.
In die agtergrond is Mienke besig om kamers te ruil met haar sussie en boetie so dis `n ge-MA voor en ge-MA agter. Want die een soek nie ‘dit’ in die kamer nie en daai een soek nie ‘dat’ in die kamer nie. En terwyl ons nou boekrakke regpak, en kamers ruil word daar nog lang verlore goed ontdek. So elke 5x minute moet ek eers gou soos `n koperaal kyk dat die lang verlore goed nie die kinders se aandag aftrek nie. Aag, en dan word daar nog ge-onderhandel oor wie nou die baas van die kamer is en hoe onregverdig dit is dat die oudste altyd die baas is.
So, die kombuis is skoon, een bondel wasgoed in die tuimeldroeer, een bondel in die wasmasjien, my maag is vol, my bed is opgemaak en my boekrak is regepak, en ek het seker al so 4x koppies koffie agter die blad maar nog nie een van die takies wat ek wou doen is gedoen nie.
Ai, dan praat ek nie eers van gister se 55x pannekoeke wat gebak is nie, winkel regepak, Ryno-Riaan se hare wat gesny, lang rye in Makro vir bestandele, aksienetbal, middestad toe vir goed en dan die die aanhoudende:”Ek gaan vir Mamma se!!!!! Mammmmmmmmmaaaaaaaaa”
Laat ek net gou hierdie blog post en weer boerak toe loop – dalk kan ek een van die 3x goedjies op my lys afmerk.

One Comment

Add yours →

  1. Sjoe Melanie, ek het al vergeet hoe besig mammas met jong kinders kan raak! Hoop jy kon iewers vandag rustig net sit en ontspan.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: