Bybelversies

Christian-Cross-Wallpaper.jpeg.jpg

As daar nou een ding in hierdie lewe is, wat my tot in my klein toontjie grief is dit random Bybelversies wat net orals op sosiale media geshare. Iemand wat iets se en dan word daar ge-AMEN daarop en as jy nou nie daarop AMEN nie dan is jy van die duiwel af. Bybelversies op sosiale media voel vir my goedkoop, dit voel vir my soos `n verneuk. Dit voel net nie reg nie, so dis my inleiding….. (Maar tog; het ek al self vertroosting gekry daaruit… Hoekom lees ek nie maar net eerder my eie Bybel as om op my foon na God te soek nie?) Trap ek op mense se tone? Ja, seker…. Nou hoekom hou ek net nie op om te trap nie? Hoekom trap en net so suutjies soos `n trapsuutjie weg nie? Omdat ek dink ek is belangrik? Nee, geheel en al nie – waaragtig ek is nie. Ek wou nou-net myself as onder aan die ‘food chain’ beskryf toe onthou ek. Ek durf dit nie te se nie!! Wie gee my die reg om `n skepping van God as onbelangrik te verklaar. Hoekom hou ek nie net my mond en laat gods water oor gods akker loop nie? Dit is tog in elk geval die heel maklikste?
Dit is die vraag wat ek myself nou al vir so 3x weke vrae. Hoekom moet ek altyd alles bevraagteken? Wel, ek dink eintelik ek het my eie antwoord. Ek het eintelik al so 2x maande terug net weereens te begin te besef dat ek as `n doodgewone mens `n verskil kan maak, hoe gering ook al. Partykeer kom jy nie eers agter jy maak `n verskil in iemand se lewe nie. Dit is dalk die beste om nie te weet nie, want kom ek wees nou maar eerlik – ek kry gou groot kop en is nie bang om te weet ek is eintelik super awesome nie 😉.
Ek share mos een keer `n jaar my blog oor Riaan Kroukamp. Ek deel dit nie as `n monument van onthou nie, maar eerder as hierdie woorde dalk iemand kan help. En daai dag wat ek dit gedeel het, het iemand wat ek ken dit gelees en sy het daai woorde so nodig gehad – het ook `n baba aan die dood afgestaan. Ek het sommer snot en trane gehuil, en was so bly dat my ou simpel woorde iemand kon help.
Wat vandag by my opkom is hoe mense baie keer bang is om hulle monde oop te maak. Mag `n mens jou mening lug? Durf jy teen `n koning opgaan as jy nie saamstem nie? Hoe durf jy jou mond oopmaak. Het jy nie respek nie? Hieroor het ek regtig lank en hard gedink. En ek glo 200% as jy iets met die regte hart en gesindheid doen mag jy….. Ek moet net sorg dat my hart reg is en dat ek nie rammetjie uitnek raak nie, al is ek reg. Hoe moes Dawid nie gevoel het oor Koning Saul nie? Dawid was die gesalfde van God – maar hy het geweier om aan ‘n haar van Koning Saul te raak; want hy was ook `n gesalfde van God. Koning Saul wou Dawid doodmaak – maar die Here het sy hand oor Dawid gehou. Vanaand gaan ek die aand in om ten volle op die Here te vertrou. Sy Hand is op my, en wat ook al gebeur sal ek nie ophou glo nie.

Leave a comment