Looks can be deceiving!

1776552823-qitemLooks can be deceiving…. Is ek regtig wie ek dink ek is, of gee ek voor? Well, I really do not hope I pretend. Ek haat aangeplakte glimlagte, aangeplakte omgee, aangeplakte ‘ek-is-net-`n-gewone-mens’-mens maar eintelik is ek heeltemal te belangrik om moeite te doen om net `n afspraak met jou te maak. Ek haat aangeplakte ‘noem-my-maar-net-Jan’ dis nie nodig om my dr te noem nie. En dan in hakkies jy kan my maar dr noem as jy vloere skoon maak heeltemal onder die broodlyn lewe. Ek haat die ‘ek-gee-regtig-nie-om-om-jou te-help’ mense en dan wanneer jy actually gevra word vir hulp ‘n gesug en kners op jou tande – want eintelik is dit moeite.

Aag, en dan praat ek nie eers van die mense wat altyd voorgee dat hulle so besig is nie. Wragtig, almal is altyd besig! En net omdat jy bietjie meer geld verdien, `n bietjie meer vir jou gemeenskap doen maak dit dat jou besig belangriker is as my besig wat net besig is om die familie se magies te prober vol hou? Wie se besig is belangriker?

Ek haat die voorgee van om te maak assof die lewe regverdig is. Ek haat die voorgee wat ons, ons kinders probeer te leer:”As jy hard werk sal jy die vrugte pluk – soos bv span kry.” Whatever!! Leer dit eerder so:”Dit is belangrik om hard te werk, en `n mens pluk gewoonlik die vrugte maar as dit nou ‘n 50/50 is tussen jou en iemand wat min of meer dieselfde vaardighede het weet net as juffrou weet jy kan nie die kamp betaal nie kies sy eerder die ander kind, as juffrou weet jy sukkel altyd met vervoer, kies sy die ander kind, as juffrou weet, aag hierdie mamma gaan nou net weer moeilikheid maak – kies sy eerder daai kind, as die mamma wat altyd werk. Juffrouens is moeg baklei teen die prikkels. Moenie maak assof alles ‘regverdig’ is nie.” Ja, en hier praat ek veral net oor die normale kinders wat nie uitstaan nie. Net die gewone plain Joe’s wat maar altyd aan die korste end trek.

Ek wonder of mense moeg is vir my? Gee ek voor? Mmmmmh, ek wonder of daar `n lyn is…. Ek hou mos daarvan om in my eie bubble te lewe. Daar waar mense nie altyd kan inkom nie. Ek hou nie daarvan om my diepste hartseer te deel nie. Ek hou daarvan om my diepste hartseer privaat te hou en so nou en dan met mense te deel. HOEKOM? Ek het Jesus Christus in my lewe – en Hy vat daai hartseer weg. Hy genees my, en daar is soveel mense wat niemand het om hulle hartseer voor te gee nie. Daar is soveel mense wat nie weet wat om met hulle hartseer te doen nie. So ek hou daarvan om mense te help om aan hulle hartseer te dra. Hoe doen ek dit? Ek dink ek is net wie ek is. Ek gee nie voor nie, en se `n ding net soos hy is – en ai tog, soms klink dit darem net `n bietjie te erg al is dit die waarheid. Ek het darem al ook so bietjie geleer, jy moet soms so bietjie takt he. Ek het nou wel nie baie takt nie maar weet darem partykeer hoe om dit te gebruik.

So, ja daar voel ek darem al klaar baie beter. Ek is darem `n uitstekende sielkundige – wonder of daar `n Universiteit is wat vir my ‘n Sielkundige Graad kan gee? Voel altyd stukke beter na my eie terapeutiese sessie en dan maak my gebrabbel op die ou end vir my sin. So na hierdie sessie het ek net weer vir myself gese ek moet nie na ander mense kyk nie en net sorg dat ek nie voorgee nie, want net ekself kan verander. Ek kan nie die mense om my verander nie en dade spreek baie harder as woorde

3 Comments

Add yours →

  1. Ek wens ek het iemand gehad wat my hartseer kon vat, wat doen ek daarmee want dit gaan nie weg nie en ek is moeg daarvoor. Dis altyd by my, los my nie uit nie. Ek het al gewonder of dit net ek is wat so voel want al die ander mense gaan net aan met hulle lewens maar myne het net vasgehaak. Dalk eendag sal ek minder verlang

    Liked by 1 person

  2. Ek hou van hoe jy dink. 🙂

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: