Armgatte!!!

Vh-Vh-Funny-scene-from-the-bridesmaids-movie-im-poor

As daar nou een ding is wat my iriteer is dit armgatte!  En glo vir my ek weet presies waarvan ek praat want ek is een 😉 Rykgatte julle kan maar daai ‘grin’ van julle bakkies afvee – ek was ook een en weet ook so ietsie rykgat-geit. Vandag het ek besluit ek moet `n bietjie praat waaroor almal te skaam is om te praat. So here we go #armgatte! Ha-ha ek verstaan nog nie eers heeltemal die hashtag ding nie – maak maar net of ek doen.

Wel, voordat ek begin uitvaar teen die gatte – shame kry myself maar jammer – wil ek net eers begin om dankie te se vir die gatte wat my ondersteun. Wragtig somtyds raak hierdie gat darem baie gatvol om met haar calculator rond te loop in die winkels, of om gou die SMS te check hoeveel is daar in die bank? Dink sommer ek gaan die dankie bold: “Baie dankie vir die gatte wat by my pannekoek koop. Julle help hierdie gat om brood, melk, coke en kaas te koop.” Hoe durf `n armgate coke en kaas op haar lysie he? #LeweVolgensJouBudget Hashtag se gat!!! Luister nou mooi rykgat – glo dit of nie hierdie armgat werk haar gat af en is maar net ook `n mens – so hou nou maar eerder jou bek en gaan op jou weeklikse restaurant ete, koop jou takeaways en sit jou lekker woolworths snacks vir jou kinders in. Ek sal maar my peanut botter broodjie met kaas en coke geniet.

Ek sit baie keer en dink hoe maklik word armgatte veroordeel omdat hulle durf drank en sigarette koop. Het jy al ooit gedink hoekom hulle dit koop? Hulle is gatvol, moedeloos, hopeloos. Baie van die armgatte werk harder as die rykgatte en kan net nie uit hulle diep donker gat kom nie. Hoe help rykgatte hulle? Vertel hulle hoeveel geld hulle kan spaar deur nie te rook of te drink nie. Whatever!!! Dink jy hulle weet dit nie? Dis soos ek, wat sooooo depressed omdat ek so dik is. Wat doen ek? Gaan vreet – want dit laat my beter voel. Dink jy ek weet nie dat oorvreet jou dik maak nie? Wel, ingeval jy gewonder het ek is duidelik daarvan bewus. Het jy geweet hoe duur is dit om gesond te eet? Ons 5x ster maaltyd is Russian chips en wit brood by die cafee onder R100.

Nee, wat ek dink net daar is baie meer armgatte wat net te skaam is om te erken dat dit eintelik nogal boekskeur gaan.  Some just like to pretend they are not: “Wat gaan die mense se?” Wel, kom ek wees eerlik die 25ste van elke maand is ek ook in Kamma-kamma land and then I pretend that I can afford a lot of luxuries. Mmmh, kaas, regte koffie, sweets, koekies en chips is op my beginning of the month list. Ek vergeet baie gerieflik dat ek daai laaste week van die maand sukkel-sukkel brood en melk koop. Gelukkig verkoop ek darem so nou en dan pannekoeke en die ou pannekoeke het al groot gate toegemaak. So ja, ek is maar ook gereeld in ontkenning.

Maar nou ja, ek het net besluit vandag is die dag wat ek praat oor goed waardeer baie van ons gaan maar net geheel en al heeltemal te skaam is om oor te praat. Nou praat ek maar – Ek verduidelik bietjie vir die rykgatte dat armgatte heel gereeld nie daai R50 het vir `n geskenkie vir `n juffrou nie, of daai R100 as kinders na `n partytjie toe uitgenooi word nie. (My kinders is al `n paar keer nie na `n partytjie toe nie, want ek het nie daai R100 nie. Blykbaar is die going rate van geld gee al `n bietjie meer – wel as hulle gaan; kan ek nie meer as R100 bekostig nie.)  En dan praat ek nie eers van die petrol wat agter kinders uitgery word nie: hokkie, netball en blah-blah-blah. Party armgatte het budgets en as  ou petrol budget klaar is, is daar nie nog nie dis klaar; op-e-la-la; finish. As daar goed by die skool gehou word en dit kos R100 per kind, dan hou ek eerder my kind by die huis want ons as ‘n familie kan met daai R200 `n hele 2x weke se koeldrank koop. Wat is belangriker die familie of een daggie se pret vir 2x kinders. As daar kampe is en dit kos oor die R1 000 dan moet boetie / sussie maar by die huis bly want ons kan baie lekker kos met daai geld koop dan hoef ons nie die hele maand net peanut broodjies vir middagete te kry nie. Mamma kan ons dan so dan en wan bederf. So ja, jou talente moet jy maar so goed gebruik wat jy kan, maar ons as `n familie is baie belangriker as ‘n kamp.

Ek sit nou net en dink my ou zirrel kind is na `n skoolfunksie toe genooi en die eerste ding wat my man vir my vra:”Het sy skoolskoene?” Like in really, sy dra nooit skoolskoene nie en ek gaan nou wragtig nie vir haar skoolskoene vir een funksie koop nie. Haar sussie is kaalvoet na dieselfde funksie toe so sy kan ook kaalvoet gaan. Al die kinders weet in laerskool is skoene nie verpligtend nie en jy gaan dit nie kry nie. As jy in die hoerskool kom, dan kry jou nou ordentlike froggies. (Yip, het nie geld daarvoor nie – maar sal maar `n plan maak – want die skoolreels se jy moet skoene dra. En aangesien jy soos `n maplottertjie nie op die laerskool skoene gedra het nie sal ek spesiaal vir jou `n plan maak.) Hier is my punt weer. Ek laat my nie in `n blik druk en doen wat almal doen nie. Nou voel ons alweer sooooo skuldig as Mamma`s en:”Wat gaan die mense se?” Wel hulle gatte – se maar wat jy wil!!!!!

Verstaan my nou baie mooi ek vertel julle nie die goed om my jammer te kry en aag shame te se nie. Ek vertel julle die goed want dalk is daar Mamma`s wat soooooo skuldig voel, want hulle kan nie die kamp bekostig nie, kan nie daai tekkies koop nie, kan nie na die partytjie toe gaan nie want geld is altyd `n issue. Ek wil net se:” HOU OP OM SKULDIG TE VOEL!!!” Lig daai ken en so what as sy nie na die kamp toe gaan nie, so what as dit nie brand name tekkies is nie. Sy sal nie doodgaan as sy nie na die partytjie toe gaan nie. Moet asseblief tog nie: “Maar sy het soveel talent .” voor my deur kom gooi nie”. Ek belowe jou as ek geld gehad het sonder om die familie te kort te skiet is sy welkom om haar talente uit te leef – maar die lewe is nie vir sissies nie en ons moet doen met wat ons het.

En dan armgatte hou op om so pateties te wees en altyd te se:”Ek het nie geld nie.” Doen iets daaraan, maak planne. Begin om die lewe te geniet. Geld is nie alles in die lewe nie, daar is baie belangriker dinge as geld. En rykgatte hierdie is vir julle ook. Hou op om so aan jou geld te klou. Daar is baie belangriker dinge as geld.

So wat ek nou eintelik probeer se vir die rykgatte en armgatte: “Don’t be an ass.” Gun mekaar iets. Rykgatte hou jou mening en geld vir jouself (veral as jy vir die armgatte wil se wat om daarmee te doen.) Gun die ou armgat sy coke, Russian en chips sonder om jou ekspert opinie te gee oor hoeveel bruin brode en melk hy met die bederfie kon gekoop het. Armgat hou op om te begeer wat jy nie het nie. Wees tevrede met wat jy het – en wees bly saam met die rykgat oor sy rykdom. Nou ja dit is vandag se 2 sent – laat ek gou my calculator uithaal en kyk of ek brood, melk en dalk `n sjokolade kan insmokkel op my budget.

2 Comments

Add yours →

  1. Ja toe maar ons is nou ook WEER een van daai armgatte en ek moet sê ek HAAAAAt dit maar so be it. Een voordeel, dit kan net beter gaan

    Liked by 1 person

  2. Goed gesê! Weet nie lekker of ek op die regte plek ń comment plaas nie . Die agtergrond is dan swart!
    Wou net n klip in die bos gooi en wonder
    Hoeveel mense wat hierdie lees , is in dieselfde bootjie?
    Ek verbeel my die gewone ouens wat eens n oorseese reis so nou en dan kon bekostig kan nou skaars Bonacord op jou bonus haal !
    Maar dan … ons gaan slaap nie honger nie al eet jy ontbyt kos vir aandete!!
    So kan niemand neerkyk op die ander nie . En dankbaarheid kry weer sy regmatige plek en nederigheid neem weer n plek van grootsheid in…

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: