Goue lepel in die mond.

Vandag wil ek praat dat die spoeg spat. Ek het soveel dinge om te sê dat ek nie weet of ek eers maar die spoeg moet insluk en dan te praat – of net te praat…….

Staan maar net ver as jy lees; nou-nou tref die spoeg jou. Ek besef net elke dag meer en meer dat ALMAL sukkel. Die iemand in die mansion; 3x mooi karre; 2x bediendes en ‘n tuinwerker moet maar ook sy sente ‘n hele paar keer omdraai. Gaan nie meer elke naweek restuarante toe nie. Trek maar ook bietjie die rieme styf.

Die ou middelklas outjie sukkel maar om al die rekeninge te betaal en keel trek toe as die kar breek. Waar gaan die geld vandaan kom?

Die outjie wat daai sente nou al 10x keer omgedraai het en nog steeds by ‘n minus kom met 3x nulle.

En dan die wat regtig nou nie eers kan kos koop nie; van welsyn lewe en net besluit het ek gaan maar self hierdie gat dieper grou en sink want hier uit kom ek in elk geval nie. Heeltemal hoop verloor het en met totaal en al hulpeloos is.

Wie sukkel die meeste? Wie moet eerste gehelp word. Die wat in elkgeval net gaan vat en vat en die gat dieper gaan maak? Die wat op moedverloor se vlakte sit? Of die wat roei en stoei pimpel en pers geslaan is. Of die wat maar net hulle mansion vir iets kleiner kan veruil?

Ek weet eintelik regtig nie wie eintelik gehelp moet word nie want kom ek vertel jou nou mooi. Elke liewe een dink hy sukkel erger as die ander een. En almal van hulle is tog reg as.

Ek het altyd as ek nou iemand wou gehelp het dit met voorwaardes gedoen. Byvoorbeeld vir die dronkaard sou ek definitief nie geld gee nie want hy gaan dit net weer uitsuip!! So maar eerder ‘n paar kruideniersware gekoop. En vir die ou roker ook definitief nie ‘n geldjie nie. Rook maak jou nie vol nie; ‘n paar kruideniersware vir jou! Aag; en dan vir die wat ek weet kos sou waardeer net die basiese boring goed; soos pap en boontjies. Hulle sukkel mos; kan dankbaar wees hulle kry iets!! Definitief nie ietsie lekkers…… Klink reg of hoe????

Definitef geheel en al nie. Ek was so hele paar jaar terug mooi vertel waar Dawid die wortels begrawe het…. As jy iets met voorwaardes gee LOS DIT EERDER. Dit het niks met jou te doen wat die persoon met wat ook al jy gee doen nie. As die persoon klere wat jy gegee het verkoop vir drankgeld het dit NIKS met jou te doen NIE. Moet eerder nie gee as jy voorwaardes het nie. Dis nie jy wat voor God verantwoording moet doen oor hoekom hy/sy eerder brandewyn as kos gekoop het nie.

Vandat ek besef dat ek net my eie gesindheid kan verander en nie die mense sin om my nie – is my lewe ‘n lied! Al lyk dit heel gereeld vir ander of die lewe van my bietjie wankelrig is….

Mense loop rond assof die lewe jou iets skuld en assof almal dieselfde behandeling moet kry? Regtig?!?! So jy werk jou ronde boude af vir iets en net omdat iemand anders voel hulle is ook geregtig daarop moet mens eweskielik mededeelsaam wees? Nee; wat hierdie lewe is baie onregverdig.

Party mense is maar net met die goue lepel in die mond gebore en kry goed nog voordat hulle gevra het. En as hulle dit het; worry hulle nie eers nie. En dan kry mens nou weer daai dom donkies wat hulle self half vrek werk en as hulle naby die eindstreep kom kry hulle sommer ‘n sweep klap op die gat omdat hulle durf so hard werk en so lank te vat.

So ja wat ek roei en stoei maar in hierdie bootjie en gaan nie toelaat dat ‘n paar tsunamie golfies my pimpel en pers slaan nie. Die lewe is wat ek daarvan maak! So vat nou maar jou waslappie en gaan vee daai spoeg af en kyk hoe blink jou gesig.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: