Mense en hulle VROT eiers!

eggsSomtyds verstom ek my net oor mense, veral mense en hulle vrot stink eiers!!

REGTIG?!?! As jy `n post op Faceboek sien wat ietsie adverteer en jy dink dis te duur? HOEKOM, ek vra vir jou HOEKOM moet jy jou VROT STINK eier op daai arme person se post kom le? Het jou ma nie vir jou maniere geleer nie? As jy nie iets goed het om te se nie bly stil – eintelik is ek lus om te se HOU JOU BEK!! Jy mag dit dalk baie goedkoper op `n ander plek kry – en wil nou kamstig mense probeer “help” deur jou vrot eiertjie……

As jy nou so graag die mense wil help begin asseblief net jou eie bemarkingsveldtog en los daai arme ou uit wat maar net probeer om kop bo water te hou. Jou stink vrot eier kan dalk net die finale doodsteek in daai ou se besigheid wees. Al wat jy kon gedoen het is om verby te SCROLL. Ek belowe jou niemand op Faceboek is onder enige verpligting om enige iets te koop nie – dis uit vrye wil wat `n mens koop en verkoop.

Wat vir my nog erger is mense lewer kommentaar op produkte wat hulle nie eers gesien het nie. Vat nou maar byvoorbeeld my ou R50 vetkoekie wat eintelik `n MOEWIESE VETKOEK is en wragtig waarde vir geld is. Sal daar nou mense wees wat `n vrot ou eiertjie kom le. Hulle het nog nooit by my gekoop nie, hulle het nog nooit die vetkoek gesien nie, hulle het nog nooit die vetkoek geproe nie. REGTIG?!?! Waar is jou maniere? Hoekom moet jy nou jou mening gee oor iets waarvan jy NIKS weet nie? SCROLL verby, snork deur jou neus, gooi jou hande in die lug, en skud jou kop oor hoe dit malligheid is om R50 vir `n ou vetkoekie te betaal maar asseblief hou daai vingertjies stil en gaan bak `n koek met jou vrot eiertjie.

Dan is daar nou weer ander mense wat se neuse orals in mense se sake gesteek word. Ek sien hierdie oulike maskers met Disney karakters op. Sal iemand nou vra: Mag jy Disney karakters gebruik. Onthou daar is kopiee reg op. REALLY?! As jy so besorgd oor die arme ou is stuur `n privaat boodskap maar hou daai vrot eiertjie vir jouself en hou daai vingertjies stil.

Aag, en dan praat ek nie eers van kommentare soos:”Het julle gesien Plek A en Plek B is oop?” Dis nie regverdig nie; BLAH-BLAH-BLAH. Regtig?! Moet `n mens altyd mense se gatte probeer toesteek? Gaan soek jou maniere – want dit het verlore geraak erens.  Laat die son oor ander mense skyn en gaan begrawe daai vrot eiers asseblief!

Hierdie was my vars eiertjie wat ek nou-net gele het. Ke-ke-le-keeee!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: