Wees bietjie VERKEERD al is jy REG….

Partykeer wonder ek…. Ek wonder hoekom is dit so belangrik vir die mens om as hy/sy reg is daarop aan te dring dat hy/sy reg is. Kan mens nie maar partykeer as jy reg is maar net erken dat jy verkeerd is al weet jy, jy is reg nie? Gaan jou reg iets aan die situasie verander? Wat gaan jou aandring op reg vir die mens doen? Ek het al honderde male in my lewe al was ek reg dit maar net gelos….. Wat is die punt dat jou vrede gesteel word en nou is jy reg. Ek vat nou maar net my kinders. Hoeveel keer baklei hulle nie – dan is die een reg en die ander een verkeerd: Lente irriteer Ruben en soek vir moeilikheid…. Lente is totaal en al verkeerd en moet gestraf word. Ruben raak histeries – gooi `n baie groot tantrum want sy suster doen hom in. Hy neem gereg in eie hande en gee haar `n snot klap en se haar sleg. Is Ruben nou nogsteeds reg? Wie gaan nou in die moeilikheid kom? Alhoewel Ruben reg was en sy sussie op haar plek gesit het – maak sy snot houding hom totaal en al verkeerd. Die manier wat hy REG is – maak hom totaal en al VERKEERD. Soms kan jy REG wees al is jy VERKEERD. Ek sit en dink aan wat in die Bybel staan al wat God soek is `n gewillige hart. Hy kyk wat in jou hart aangaan, soo as jy iets verkeerd doen kan dit tog reg wees.

Dis vir my altyd so lagwekkend dat ons die hele tyd REGverdig probeer wees. En dat ons hierdie belangrike woord REGverdigheid vir ons kinders probeer leer….. Nou vra ek met trane in my oe. Hoekom maak ons, of die wereld REGverdig is. Hoekom leer ons vir ons eie kinders hierdie belangrike woord? Is dit nie beter om hulle te leer van GENADE nie? Hoe cool sou die wereld nie gewees het as dit REGverdig was nie? Let`s just deal with it. Die wereld is NIE REGverdig NIE. Jy kom nie altyd iewers deur jou beste te gee nie. Harde werk word nie altyd beloon nie. Hierdie lewe is onREGverdig en hoe vinniger ons daai vir ons kinders leer hoe beter. Gaan ek hulle nou leer om in `n klein hopie te gaan sit en hulle self jammer te kry? Hulle hande in die lug op te gooi en te se: “Wat help dit tog?” Geheel en al glad nie. Ek gaan hulle leer. Ouens gee julle bes, hou aan probeer, moenie op hou nie. As jy val dan moet jy maar weer vining opstaan – die stof afskud want seuntjie, dogtertjie niemand gee eintelik om nie. Hierdie lewe is wat jy self daarvan maak en om in geREGtigheid te lewe beteken eintelik niks nie. Wees jy GENADIG, hou op om net wit en swart te sien. Gebruik die grys – net jy kan `n verskil maak. Kleur jou GRYS prentjie in met die verskillende grade van gys, swart en wit.

Daar is soveel voorbeelde van REG en verkeerd – hoe `n REG iemand se lewe verwoes het waar jy maar net bietjie GENADE kon betoon het. Is GENADE nie maar ook sinoniem met LIEFDE nie? Ek sit eintelik nou en dink aan hierdie storie waarna ons kyk Murdoc Mysteries. Hierdie gaan oor `n speurder wat moord sake oplos. Hy is soos in WIT en SWART. Het geen grys area nie. Toe hy jonger was, was daar `n reeks moordenaar/verkragter wat hy gevang het. Hy het toe die een meisie oortuig om teen die ou te getuig en toe was daar nie genoeg bewyse nie. Die meisie is toe deur daai selfde ou `n lessie gereel – verkrag, vermink kan nooit kinders kry nie. Sy het dit toe haar misie gemaak om die ou te vind en te vermoor. Lang storie in kort – die ou is gekry en vermoor deur haar. Murdoc het haar gevang en sy was oppad om gehang te word. Die WIT in die storie is mos, sy was verkeerd een moes die gereg sy gang laat gaan het. Die GRYS van hierdie storie Murdoc het haar laat ontsnap en vir haar GENADE betoon – iets wat hy nie maklik sou doen nie…..

So ja my punt is net kan ons ophou om ons septer van geREGtigheid rond te swaai en net bietjie LIEF wees vir mekaar. Om REG te wees is nie alles nie! Wees bietjie VERKEERD al is jy REG.

 

Leave a comment