Waaroor gaan my blogs?

“Me-myself-and-I” in kort….. Dit gaan oor die ondervinding van `n ma met 4 kinders. Hoe ek soms as ek so in geselskap sit en staar na my snotbesmeerde broek – en weet daai bol snol was waaragtig nie 5 minute terug daar nie. Hoe Murphy altyd besluit dat dit nie genoeg is om vir jou ‘n siek kind in ‘n baie besige week te gee nie – sy gooi sommer vir jou nog so 2 siek kinders by in die mix en dan bekots hulle jou klere terwyl as jy oppad is iewers heen. My blogs maar net die alledaagse struwelinge waardeur (ek hoop) nie net ek gaan nie…..

%d bloggers like this: